top of page

OOR ONS

WIE IS ONS?

Die Instituut vir Reformasie in Suid-Afrika (IRSA) is ’n nuwe, onafhanklike intellektuele stem naby die bastions van tersiêre opleiding in Suid-Afrika wat bestaan om ons gekaapte Reformatoriese geskiedenis te herontdek, herwaardeer, en uit te bou as katalisator vir ware Bybelse Reformasie in ons eie dag en die toekoms. Ons beywer ons om nie net predikante en pastore nie, maar ook leiers in gemeentes en besorgde lidmate toe te rus en te mobiliseer vir hierdie missie.

"Die grootste aanslag teen die ware Kerk is die kritiese teologie"

AGTERGROND

Ons hedendaagse tyd word gekenmerk deur geestelike misleiding, verwarring, en ‘n verdraaing van ons Reformatoriese geskiedenis wat teweeg gebring is deur voorstanders van ‘n radikale ommekeer in Skrifbeskouing. Die grootste aanslag teen die ware Kerk is die kritiese teologie wat sedert die Europese Verligting die outoriteit en betroubaarheid van die Woord van God ondermyn. In die voetspore van die historiese-kritiek het die marxisme, Feminisme, en LGBTQI+ bewegings kosbare reformatoriese teologiese opleidingsinstansies, kerke en ons geskiedenis gekaap. Skrifkritiese teoloë het ‘n monopolie by staatsbefondse tersiêre instellings en kolleges, en plaas hulleself nie onder die gesag van Christus en Sy Woord nie. Die ewige Woord van God is vervang met die altyd-veranderende filosofië van die mens. Die evangelie is nie net begrawe nie, maar diskriminasie en vervolging van hulle wat nog daardie evangelie glo, leer en verkondig het ‘n werklikheid geword. Aan die ander kant het van ons  Reformatoriese kerke nie altyd daarin geslaag om ons nasie se sondes te vermy nie, hieronder tel rassisme, gebrekkige omgee vir die armes, gebrek aan persoonlike heilige lewenswandel, koloniale meerderwaardigheid, materialisme, ‘n verbruikersmentaliteit, en ‘n louheid in ons sendingywer aan hulle wat nie deel van ons groep is nie.

"Die ewige Woord van God is vervang met die altyd-veranderende filosofië van die mens."

WAT ONS DOEN

UITGEWERY

Ons doel is om gereformeerde, Bybelse literatuur te publiseer om pastore, kerkleiers en Christene regoor Suid-Afrika aan te moedig. Ons reeks "Ligbakens uit ons Hervormingsgeskiedenis" bevat sterk geloofshelde wat die goeie stryd in ons eie land gestry het. Ander publikasies sluit in herdrukke van lank vergete juwele uit ons Christelike erfenis.

JAARLIKSE KONFERENSIE

Ons jaarlikse twee-dag konferensies is bedoel om Bybelse prediking en denke in 'n postmoderne wêreld te bevorder en te modelleer. Sessies sluit algemene praatjies, paneelbesprekings en eredienste in, waar ons bymekaar kom om mekaar aan te moedig en eer aan God te bring. 

TOERUSTING VIR GEMEENTES

Die Instituut bied seminare, lesings, praatjies en kursusse aan vir plaaslike kerke om lidmate toe te rus om sekulêre druk van 'n postmoderne kultuur te erken en daarop te reageer.

Kontak

PostNet Suite #027

Privaatsak X5071

Stellenbosch 7600

  • Youtube
  • Facebook
  • Twitter

Kontak ons

INSTITUUT VIR REFORMASIE IN SUID-AFRIKA NPC (2023/157556/08)

bottom of page